The Kimberley Prospector

Kimberley

Tankwa Lodge Calvinia

Michael Hawthorne

Beskrywing

Gaste wat Tankwa Lodge besoek, word met plattelandse gasvryheid verwelkom!

Die lodge het 25 kamers, almal met en suite-badkamers (storte en baddens), ‘n plonspoel om in af te koel, konferensiegeriewe vir tot 80 afgevaardigdes, ‘n biertuin en veilige parkering. Die restaurant en kroeg word besit en bestuur deur ‘n onafhanklike party.

Calvinia is in 1851 by die Oorlogskloofrivier gevorm, en vernoem na die geestelike hervormer Johan Calvin. Calvinia lê aan die voet van die Hantamberge. “Hantam” is ‘n Khoi-woord wat “waar die rooi blomkelke groei” beteken.

Hierdie streek is een van die land se grootste wolproduserende areas. Calvinia se sterreprag is ‘n toeriste-aantreklikheid wat veral stadsjapies en astronome lok.

The post Tankwa Lodge Calvinia appeared first on Kimberley City Portal.

Leave a Reply

Back to top
%d bloggers like this: