Die adjunkminister van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), Candith Mashego-Dlamini, sal tussen 26 en 30 September 2022 na Liberië en Sierra Leone reis om meer as 2 miljoen van Suid-Afrika se Johnson & Johnson-entstowwe te skenk.
Die Suid-Afrikaanse regering het deur die African Renaissance Fund (ARF) ’n ooreenkoms met die African Vaccination Acquisition Trust (AVAT) onderteken om ’n totaal van 2 030 400 dosisse van die Johnson & Johnson COVID-19-entstof aan Afrika-lande by te dra.
AVAT is gestig na die stigting van die Afrika-unie (AU) se COVID-19-taakspan vir Afrika-inentings (AVATT) in November 2020 deur president Cyril Ramaphosa as die destydse voorsitter van die AU.
“Die entstowwe wat deur die Suid-Afrikaanse regering aan die mense van Liberië geskenk sal word, is vervaardig by die reuse-farmaseutiese vervaardigingsaanleg in Qheberha (Port Elizabeth) wat deur Aspen Pharma bedryf word,” lui ’n verklaring.
“Suid-Afrika en Liberië geniet sterk bilaterale betrekkinge. Daar word verwag dat Suid-Afrika se bydrae van die dosisse van die COVID-19 J&J-entstowwe die wedersyds voordelige samewerking met Liberië sal verskerp en ons vriendskap en verhoudings met die mense en die regering van Liberië sal versterk.”
The post SA skenk 2 miljoen entstowwe aan Afrika-lande appeared first on AfriNuus.
Read more: SA skenk 2 miljoen entstowwe aan Afrika-lande
Tags: Afrinuus