Kaptein Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het aan AfriNuus bevestig dat ’n moordondersoek geopen is nà die liggame van ’n 4-jarige meisie en 8-jarige seun gevind is, wat spoorloos verdwyn het.
In ’n verklaring sê van Wyk: “Op Sondag, 25 September 2022, om 16:00 is ’n vierjarige meisie by die Paarl-Oos-polisiestasie as vermis aangemeld.
“Die omstandighede oor hoe die dogtertjie vermis geraak het, word ondersoek.
“’n Soekspan is gereël en op Maandagmiddag, 26 September 2022, begin.
“Laerskoolkinderrs het haar lyk in die bosse op die skool se rugbyveld gekry.
“Die oorledene is met beserings aan haar liggaam gevind. ’n Moordondersoek is geopen.
In ‘n soortgelyke voorval het van Wyk bevestig dat die polisie in Siqalo Maandag die lyk van ’n 8-jarige seun ontdek het, wie nog uitgeken moet word.
Daar word beweer dat die seun se hande en voete vasgebind is. Volgens polisiebronne was sy mond en ken met kleefband bedek en sy ooglede was toegemaak.
Van Wyk het gesê “die liggaam van ’n ongeïdentifiseerde seun is op 26 September 2022 om 13:19 in ’n bos op Weltevredeweg in Philippi gevind”.
“Forensiese toetse word uitgevoer en ’n voorlopige verslag het gesê dat kenners steeds die misdaadtoneel vir leidrade fynkam,” het hy gesê.
“’n Moorddossier is vir ondersoek geopen en ’n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal.
“Die polisie is besig om alle leidrade op te volg en doen ’n beroep op die publiek om na vore te kom met enige inligting wat hulle in hul ondersoek kan help,” het Van Wyk gesê.
Enigiemand met inligting oor hierdie voorvalle word vriendelik versoek om die Stopmisdaadnommer by 08600 10111 te kontak.
The post Tragies! Vermiste kinders van 4 en 8 jaar se liggame verlate in die Paarl en Siqalo gevind appeared first on AfriNuus.
Read more: Tragies! Vermiste kinders van 4 en 8 jaar se liggame verlate in die Paarl en Siqalo gevind
Tags: Afrinuus