HERMANUS – Die Overstrand Herald het Vrydag ‘n nuwe digitale platvorm, whalecoastnews.co.za geloods. “Die meeste mense kry deesdae hul nuus via sosiale media. Ons het besluit dit is tyd om aan te pas en sommer terselftertyd ons vlerke bietjie te sprei,” se uitgewer, Gerard Grobler. “Ons dink die nuwe platvorm is toonaangewend en is die rigting waarin gedrukte nuusprodukte onvermydelik gaan beweeg. Dit beteken nie die koerant gaan nie voortbestaan nie – hy sal solank ek hier is en kan. Koerante die wêreld oor is egter onder geweldige druk en kan gewoon nie meer ‘n bestaan maak nie. Net vandeesweek het ons gerugte gehoor dat die Rapport, Beeld, City Press en die Daily Sun, almal koerante in die Media24 stal, moontlik gaan sluit. Dit sal ‘n geweldige verlies vir joernalistiek, veral Afrikaanse joernalistiek, in die land wees. Ons moet ander manière vind om te oorleef. Whalecoastnews is geheel en al iets anders, trouens ons dink dit is uniek in Suid Afrika. Dit voel asof jy op sosiale media is, maar jy is nie. Dit is ‘n totaal nuwe digitale eko-sisteem wat ons besig is om te skep. Sonder die algoritmes van die groot tegnologie maatskappye wat jou aanhoudend agtervolg om net nog en nog advertensies aan jou op te dis. Ons het Vrydag die basiese platvorm bekendgestel, maar die interessante dele kom nog. Gaan sluit gerus aan en beproef dit, dis gratis.” https://whalecoastnews.co.za/
The post Overstrand Herald loods innoverende nuwe digitale platvorm, first appeared on overstrandherald.co.za.
Read more: Overstrand Herald loods innoverende nuwe digitale platvorm,
Tags: Overstrand Herald