The Kimberley Prospector

Kimberley

Inwoner grawe interessante ring in tuin op

Michael Hawthorne

KIMBERLEY – ’n Inwoner van Kimberley het ’n uiters besonder goue ring opgegrawe terwyl sy onlangs in haar tuin gewerk het.

Jennifer Armstrong, ’n inwoner hier, glo die goue ring is van ’n Amerikaanse afkoms. Sy sê dit is met die woorde “Professional Firefighter” graveer.

Sy het die ring op ’n plaaslike Facebook-groep geplaas en gevra of enige iemand haar kan help om die waarde daarvan te bepaal.

Die plasing het talle kommentaar uitgelok. Zoe Mosoloane sê hy dink dit is moontlik ’n Vrymesselaar se ring.

Da Onĺy Lucias sê hy dink die ring word as huldeblyk vir Amerikaanse-brandweermanne gedra.

Die hoogste aanbod wat Armstrong vir die ring ontvang het, was R2275.35. Ander het R2000 en R1500 vir die besonderse goue ring aangebied.

Armstrong sê die eerste een wat met die kontant opdaag kan hom kry.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Back to top