The Kimberley Prospector

Western Cape

Ontmoet vir Vlekkie

Michael Hawthorne

WES-KAAP – Vlekkie, ’n tipiese langpoot draadhaar-terriër van Grabouw, doen goed in pleegsorg by R.A.D, ’n niewinsgewende organisasie, en is gereed om by sy ewige gesin aan te sluit.

Volgens die organisasie het hulle ’n paar navrae gehad oor Vlekkie, maar niemand het nog deurgedruk en hom aangeneem nie.

“Dit is moeilik wanneer ’n hond al ongeveer 4 jaar oud is en sy lewe aan ’n ketting geleef het sonder stimulasie deurgebring het,” sê R.A.D op hulle Facebook-blad.

Vlekkie is lief vir mense

Vlekkie is opvallend goed aangepas, hoewel hy ’n bietjie ongemaklik en ietwat ernstig kan wees, is hy baie baie liefdevol.

Hy hou nie juis daarvan om saam ander honde te speel nie. Hy is mees opgewonde wanneer die eetklok lui en wanneer op die bank kan cuddle.

Vlekkie wil net ’n hond wees

Hy hou van stap, is waaksaam en wil eintlik net ’n hond vir sy baas wees.

Hy sal goed doen as enigste hond, nie omdat hy nie met ander honde oor die wegkom nie, maar eerder omdat Vlekkie nie van hulle afhanklik vir sy vreugde is nie.

Hy sal regtig by enige gesin pas, maar ’n ouer, aktiewe paartjie sal miskien die beste wees. Iemand wat hondegeselskap wil hê. Waar hy op die bank kan ontspan vir maagievryf, na die hek hardloop om u van vreemdelinge te waarsku, waar hy gaan stap en twee maaltye per dag sal kry.

Vlekkie wil eintlik net liefde hê.

Tags:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Back to top