GAANSBAAI – ’n Boef het glo gisteraand by ’n bejaarde paartjie se huis in Meyerstraat op Gansbaai ingebreek en twee selfone en ’n laptop gesteel.
So skryf Anje Coetzee op ’n plaaslike Facebook-groep, Wie maak vir Gansbaai lekker?
Sy sê: “Die laptop is van baie waarde, al my pa se werk is daarop gestoor. Jare se werk en ongelukkig is dit nie ge-backup nie.”
“Dit is ’n ou laptop met ’n password op. As iemand dit dalk aan julle probeer verkoop. Kontak my,” maan Coetzee die gemeenskap.
Indien enige iemand inligting het maak kontak met The Kimberley Prospector vir haar besonderhede.
