The Kimberley Prospector

International

SA Boer glo deur Brit op plaas in Namibië vermoor

Michael Hawthorne

NAMIBIË – Gerhardus van Wyk (54), ’n Suid-Afrikaanse boer, is Saterdag omstreeks 20:00 op sy plaas Karos, in die Kamanjab-omgewing, in ’n rusie met ’n Britse man (51) doodgeskiet.

Volgens Kauna Shikwambi, hoof van die Namibiese polisie, het die noodlottige skietery plaasgevind nadat die twee mans in ’n argument op Van Wyk se plaas betrokke geraak het.

Shikwambi sê die slagoffer het aan sy beserings by die Outjo-hospitaal omgekom. Die Britse man is ná die voorval in hegtenis geneem.

Die ondersoek duur voort, sluit Shikwambi af.  

Lees meer op die Namibian.

Tags:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Back to top