The Kimberley Prospector

General

Kimberley-fietsryer beseer in tref-en-trap

Michael Hawthorne

KIMBERLEY – ’n Man is omstreeks 20:10 in Selouslaan in Rhodesdene, in Kimberley, beseer nadat ’n bestuurder van wit dubbelkajuit-bakkie hom van sy fiets afgery en weggejaag het.

So sê René Grobbelaar in ’n plasing in die Saam Staan Kimberley Dienslewering Facebook groep.

Sy sê: “Die man het seer gekry en ons vat hom nou hospitaal toe. Ek sal die dorp omkeer om jou te soek. Hierdie man het op die sypaadjie gery en jy het hom op die sypaadjie gestamp.

“Dis ’n man, ’n pa en seun wat van die werk afkom. Dit is sy enigste vervoer (sy fiets)en dit  is stukkend. Hy gaan seker ook ’n paar dae van die werk af wees. Wat gaan met die mensdom aan,” vra Grobbelaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Back to top