KIMBERLEY – ’n Waterlekkasie in Aasvoëlstraat in Roodepan stroom nou vir meer as ’n week. So word kosbare drinkwater gemors.
So sê Johan Swanlow, ’n inwoner hier.
“’n Mens sou dink met die waterkrisis dat die herstel van lekkasies ’n prioriteit vir die Sol Plaatje-munisipaliteit sou wees, so om die pandemie in die Noord-Kaap te verlig,” sê hy.
Die lekkasie is onder die aandag van raadslede gebring. Maar met die kontantvloei probleme wat die munisipaliteit tans ervaar, is die kwessie egter, wanneer gaan die munisipaliteit dit kan bekostig om al die stad se probleme, soos slaggate en lekkasies, te herstel?
Tags: Roodepan