The Kimberley Prospector

Kimberley

Polisie soek man in ondersoek van verkragting

Michael Hawthorne

KIMBERLEY- Mizandru Rahman, oftewel Kamaal, word deur die Kimberley polisie gesoek.

Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe vra hulp om Kamaal, wat hulle moontlik in ’n ondersoek van verkragting kan help, op te spoor.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n voorval waar ’n manspersoon, wat aan die 37-jarige klaer bekend was, homself tussen 6-20 November 2020 glo seksueel aan haar opgedwing het.  

Enigiemand  wat weet waar Kamaal is of meer inligting het, word versoek om speurder Nelda Lötter by 0609723260 of 0800 10 111 te kontak. ’n SMS kan ook aan 32211 gestuur word.

Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.

“Die ondersoek duur voort,” sluit Jansen af.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Back to top