The Kimberley Prospector

Kimberley

Munisipaliteit wil glo emmerstelsel uitgooi

Michael Hawthorne

KIMBERLEY – Die Sol Plaatje-munisipaliteit sê dit gaan glo meer as 2 640 toilette as deel van die munisipale toiletbouprojek installeer.

Sello Matsie, die munisipale woordvoerder, sê dit is die doel van die projek om die emmerstelsel te vervang. 

Matsie sê sekere dele van die sanitasie-infrastruktuur dateer glo uit 1994, en dit het aansienlik verswak oor die jare.

Gedeeltes van Kutlwanong, Kagisho en Phomolong, en ander gebiede, sal glo hierby baat.

Die projek gaan hierdie maand begin en ongeveer 300 toilette gaan glo in die eerste fase installeer word.

Matsie sê diensverskaffers is reeds aangestel.

Tags:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Back to top