The Kimberley Prospector

Kimberley

Roodepan se wonderwerkers

Michael Hawthorne

KIMBERLEY – Wonderwerkers van Roodepan het gisteraand goed gesorg dat inwoners hier met versadigde pensies in die kooi in klim.

Monique Philander, ’n inwoner hier, het haar blydskap op sosiale media gedeel nadat verskeie mense saamgekom het om te help om vir minderbevoorregte inwoners ietsie te gee om aan te peusel.

Sy sê om die glimlag op die inwoners se gesigte te sien, het dit als die moeite werd gemaak.

Philander wil graag dankie sê vir elkeen wat uitgekom het om te help wys waartoe Roodepan se mense in staat is.

“Gee ons ’n kans laat julle kan sien wat meer kan ons doen,” sluit sy af.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Back to top