KLEINMOND – Twee verdagtes is gisteroggend met ’n vrag van 11840 kreefstert in Kleinmond in hegtenis geneem.
Volgens Lourens Theron, ’n inwoner van Hermanus, het die Overstand Wetstoepassing-taakspan op die verdagtes toegeslaan en hulle vasgetrek.
“Die voertuig is ook op beslag gelê,” sê Theron.

