SUID-AFRIKA – Die departement van minerale bronne en energie het ’n verhoging in die pryse van petrol, diesel en parafien in Suid-Afrika vanaf Woensdag 3 Maart aangekondig.
Die kleinhandelsprys van albei grade petrol sal met 65 sent styg, terwyl die groothandelpryse van 500 ppm en 50 ppm diesel onderskeidelik met 54 sent en 56 sent sal styg.
Brandstof (binneland) | Februarie | Maart |
95 Petrol | R15.67 | R16.32 |
93 Petrol | R15.50 | R16.15 |
0.05% Diesel (groothandel) | R13.58 | R14.12 |
0.005% Diesel (groothandel) | R13.61 | R14.17 |
Parafien | R7.99 | R8.46 |