KIMBERLEY – ‘n inwoner van Kimberley het net vandeesweek gerapporteer dat hy ’n slagoffer van ‘n huisbraak was, toe kom die vermeende dief terug vir meer.
Die slagoffer sê dat die persoon wat op die foto verskyn, Donderdag oggend in sy erf rondgesluip het. Die inbraak het plaasgevind net na 12:00 die vorige week op Maandag. Die dief het onder andere die karsleutels van sy vriendin gesteel, wat ook sleutels tot sy huis bevat het.
Die slagoffer sê hy vermoed dat die persoon Donderdag teruggekom het om die sleutels te probeer gebruik om weer in sy huis in te breek, maar al die slotte was reeds verander.
Hy sê hy het die polisie in kennis gestel, met die hoop dat die dief gevonnis sal word.
Bron.
Tags: Huisbraak