KIMBERLEY – Wat het jy vandag gedoen om iemand anders se lewe te verhelder?
Vanmiddag by die North Cape-mall sien ek hoe twee voertuie gelyktydige agteruit in mekaar gaan vasry. Ek het op die toeter gespring en albei voertuie het oombliklik, in onder ’n meter van mekaar, gestop.
Die glimlag en dankbaarheid wat een bestuurder my gegee het, was ’n feel good moment wat positiwiteit om jou en ander broei.
Gee vir daardie ou voorkeer by die vierrigting. Wees bietjie meer oplettend in die supermark met jou trollie en groet die persoon langsaan jou, maak nie saak of jy hom ken nie.
Om te dink so ’n klein aksie van liefdadigheid lewens kan verander.